LIMPOPO. – ’n Man het na bewering sy meisie verwurg nadat ’n argument tussen die twee uitgebreek het.
Kol. Moatshe Ngoepa, polisiewoordvoerder, sê die man het sy meisie van verskeie dinge beskuldig voordat die argument uitgebreek het. Ngoepa sê die bure het op haar lyk afgekom en die polisie ontbied.
Die polisie het vinnig met die ondersoek begin, waarna die verdagte homself aan die polisie oorgegee het. Hy het gister in die Dzanani-landdroshof verskyn en die saak is tot 10 November uitgestel.



