President Ramaphosa volgende week aan die woord

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting volgende week Suid-Afrikaners toespreek oor die nuutste verwikkelinge in die land se stryd teen die Covid-19-pandemie.

Jackson Mthembu, minister van die presidensie, het hierdie aankondiging Donderdag in ‘n media-inligtingsessie bekend gemaak.

Hierdie toespraak sal plaasvind na die nasionale koronavirusraad en die kabinet vergader het.

“Die kabinet is bekommerd oor landsburgers se roekelose optrede en onverantwoordelikheid, so asof Covid-19 nie meer bestaan nie,” sê hy. “Die kabinet doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om die gesondheidsmaatreëls te gehoorsaam en sosiale distansiëring te handhaaf, maskers te dra, hande met seepwater te was en groot byeenkomstes te vermy.”