Morné du Plessis se vrou, Jenny, oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Morné du Plessis, bekende voormalige Springbok-rugbyspeler, se vrou, Jenny, het vanoggend haar stryd teen kanker verloor.

Die egpaar het drie kinders, Jean Pierre, Luc en Nina.

SupaRugby het die nuus van Jenny se dood op Facebook aangekondig. Honderde mense het reeds op die plasing kommentaar gelewer en hulle simpatie met Morné, hulle kinders, Jenny se vriende en familie betoon.

Laureus South Africa, ‘n nie-regeringsorganisasie, het ook die nuus op hulle Facebook-blad bevestig.

“Ons medelye gaan uit na die familie en vriende van Jenny, toegewyde lewensmaat, ma, ouma en vriendin vir almal. Julle is in ons gedagtes en gebede.”