Joernalis verduidelik waarom hy plaasmoordkruis brand

Deel hierdie storie / Share this story

’n Joernalis wat die week mense woedend gehad het nadat ’n video waarin hy ’n wit kruis ter ere van die slagoffers van plaasmoorde afgebrand het, verduidelik waarom hy dit gedoen het.

Met rubberkoeëls geskiet

Nick Motloung, van die radiostasie Madibeng FM, sê hy het dit gedoen nadat veiligheidswagte ses werkers op ’n plaas met rubberkoeëls geskiet het. Dit volg glo nadat die werkers ontsteld was omdat hulle jongste loon minder as die vorige maand s’n was. Die rede hiervoor is na bewering ’n “nuwe stelsel”.

Hy sê hy het dit gedoen om reaksie uit te lok, want daar word nie veel gefokus op plaaswerkers wat mishandel en misbruik word nie. Motloung sê hy staan sterk teen plaasmoorde, maar mense moenie aandag aan haat gee nie.

Aktivis teen plaasmoorde

Anthoney Hall, ’n aktivis teen plaasmoorde in die Wes-Kaap, sê hy het ’n klag van brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging teen Motloung gemaak.

’n Nuwe kruis is glo klaar in die beskadige kruis se plek opgerig.