Kleinskaalse myners eis toegang tot plaaslike myn

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Op 3 November 2020 het ’n groep kleinskaalse myners toegang tot ’n plaaslike myn in Kimberley geëis. In die proses het die groep die heining van die myn gebreek en die polisie met klippe bestook.

Dit is volgens lt.kol. Dimakatso Mooi. Volgens Mooi is sowat 56 van die groep kleinskaalse myners weens openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging in hegtenis geneem.

Met klippe versper

Mooi sê gedurende die nag het die groep die R64-pad na Boshof in Kimberley met klippe versper. Hulle eis na bewering antwoorde op die memorandum wat hulle voorheen aan die owerhede voorgelê het.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die landdroshof in Kimberley verskyn. Die pad is steeds gesluit en motoriste word aangeraai om ’n alternatiewe roete te gebruik.