CHINA – Ping An, ‘n golden retriever, is in die straat buite ‘n kantoorgebou naby haar eienaars se huis opgemerk na sy besluit het om self die 100 km tot by haar eienaar se huis aan te pak. “Sy het bebloede pote gehad en mank geloop. Sy was baie uitgehonger.”
Ping An se eienaar het haar vier maande gelede by ‘n vriend se huis, 100 km van sy eie huis, afgelaai terwyl hy met opknappingswerk by sy huis besig was.
Dié eenjarige hondjie het toe besluit om te ontsnap en self die 100 km huis toe aan te durf.
Ping An is toe later opgemerk en gered. Die persone wat haar gered het, het ‘n foto van haar op WeChat gedeel en die familie is binne een dag met hulle hondjie herenig.
Hulle het ook gesê toe hulle haar gekry het, was sy baie depressief omdat sy nie haar eienaars kon opspoor nie.
‘n Mens kan op die video waar hulle herenig word, hoor hoe haar eienaar vir haar sê: “Ping An, jy het so hard gewerk. Jy kan nou net by die huis bly. Ons sal jou nooit weer wegstuur nie.”



