Man in hegtenis na moord op sewe maande oue baba

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ’n Man (26) is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n sewe maande oue baba se dood veroorsaak het.

Die verdagte het na bewering op Maandag 2 November 2020 met sy bure rusie gehad oor hul kinders. In daardie stadium het die verdagte glo na sy buurman gegaan en fisies met die ma en die suster van die baba begin baklei.

Gedurende die geveg het die verdagte glo na sy huis gegaan, ’n piksteel gaan haal en glo teruggegaan om voort te gaan met die geveg. Dit is toe dat die verdagte glo die piksteel gebruik het om die ma van die slagoffer aan te rand. Ongelukkig het die vroulike slagoffer die baba gedra. Die verdagte het na bewering die baba vermoedelik raakgeslaan.

Die baba is na die Nkhensani-hospitaal vir mediese behandeling geneem en later ook na die Letaba-hospitaal gebring waar sy haar lewe verloor het. Die saak van aanranding met ernstige liggaamlike skade is by Giyani-polisiekantoor geregistreer en later na moord verander.