Bejaarde egpaar oorval, vasgebind en beroof

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ’n Bejaarde man het vanoggend op die stoep sy koffie staan en drink toe hy deur ’n groep mans op ’n kleinhoewe in Kameeldrift-Oos oorval is.

Die verdagtes het die man in die huis in geneem. Sy vrou was reeds binne en is ook deur die verdagtes aangeval. Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, sê hulle vermoed daar was vyf mans betrokke.

Egpaar met kabels vasgebind

Volgens Makhubela was die egpaar met kabels vasgebind terwyl die verdagtes die huis beroof het. Makhubela sê die verdagtes is met selfone, ’n televisie, twee vuurwapens, ’n skootrekenaar en die egpaar se voertuig weg. Llewellyn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Noord-streek, sê die vuurwapens is al gevind, maar nie die voertuig nie. Volgens Hemmens is niemand nog in verband met die gebeure in hegtenis geneem nie.

Volg FiND-iT hier.