NOORD-KAAP. – Chris van Beljon, stigter en organiseerder van Boere Droogtehulp SA NPC, sê die eerste vragmotors is reeds op pad na Kimberley.
Daar word verwag 40 vragmotors sal Kimberley môre-oggend binnekom. Die vragmotors gaan om 09:00 by die Shell Ultra op die N12 bymekaarkom. Vandaar gaan hulle deur die polisie en verkeersdienste deur die dorp na die Pumba-garage op die N8 gelei word. Almal word uitgenooi om die mense by die Pumba-garage om 10:00 te verwelkom.
Boks vir Boervrou
Daar sal die vragmotors ’n ruk stop. ’n Pastoor sal die Skriflesing en gebed doen waarna FiND iT regstreeks met Van Beljon sal gesels. Kotie Venter van Kimberley sal dan die Boks vir Boervrou-bokse aan Van Beljon oorhandig.
Hou FiND iT more dop vir die regstrekse uitsending.
Volg FiND-iT hier.



