JOHANNESBURG. – Die ouers van Tshiamo Pearl Moeketsi blameer die hospitaal vir haar dood na beweerde nalatigheid. Die hospitaal het glo nie dadelik ’n blindedermoperasie gedoen nie.
Die ouers van Tshiamo het ’n formele klag by die Ga-Rankuwan-hospitaal ingedien nadat hul dogter glo dood is na twee vertraagde operasies vir haar blindederm. Kwara Kekana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Gauteng, het bevestig Tshiamo is op 6 Oktober in die hospitaal se chirurgiese afdeling opgeneem.
Tydens die herstelproses
Tshiamo was eerstens in vir ’n operasie waar vog van haar blinderderm getrek is. Daarna sou ‘n tweede operasie volg. Tydens die herstelproses het sy by haar ouers gekla omdat sy nie asem kry nie. Haar ouers het haar aangeraai om ’n verpleegster in kennis te stel. Sy kon nie hard roep om hulp nie as gevolg van die nasogastriese buis in haar neus.
Die oggend voor haar dood het sy vir haar ouers ’n hartjie in ’n boodskap gestuur. Ure daarna het die hospitaal hulle in kennis gestel dat hulle dogter dood is. Die ouers beweer die buis kon ook die oorsaak van haar dood wees, omdat sy nie kon asemhaal nie.
Volg FiND-iT hier.



