KAAPSTAD. – ’n Man (30) is in ’n kritieke toestand nadat hy op die skerp punte van ’n heining geval het.
Een van die skerp punte het deur die man se bolyf gedruk en afgebreek. Die paramedici moes die stuk verwyder en die man stabiliseer. Die man was besig om ’n palmboom op die Intaka-eiland in die middel van die Century City-uitbreiding te snoei.
Ros Cambell, woordvoerder van ER24, sê die man is met ’n boot vanaf die eiland geneem sodat paramedici hom kon behandel. Hy is na ’n privaat hospitaal geneem.
Volg FiND-iT hier.



