’n Waarskuwing vir erge donderstorms is vir vandag en môre deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir die Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat uitgereik.
Lehlohonolo Thobela, weervoorspeller, sê ‘n waarskuwing is uitgereik, wat die moontlikheid van gelokaliseerde oorstromings insluit. Thobela sê die donderstorms sluit ook sterk winde in. Die storms kom oor die noordoostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike dele van Noordwes en die noordwestelike dele van die Vrystaat voor.
Volg FiND-iT hier.



