August 5, 2021

Vier volwassenes en twee babas in ongeluk dood

VRYSTAAT. – Ses mense, onder andere twee babas, ‘n tiener en drie volwassenes, is vanoggend in ’n ongeluk in die Vrystaat dood. 

’n Motos en ’n bus was in die ongeluk betrokke. Die botsing het by die Dewetsdorp- en Reddersburgkruising plaasgevind. Volgens OFM het die bus na bewering oor die motor gery en dit vir nog 150 m saamgesleep. Dit is nog onduidelik wat die presiese oorsaak van die ongeluk was. 

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, sê die twee oorlewendes van die ongeluk is tans stabiel en is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein opgeneem. Na wat verneem word, was al ag persone in die motor. 

Die 58 insittendes van die bus is vir skok behandel. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *