Verdagte glo minnares van vermoorde boer se vrou

Deel hierdie storie / Share this story

GROBLERSDAL. – Patricia Ray Lee Smith (23) wat vir die moord op Raymond Papapavlou in hegtenis geneem is, het gesê sy was ten tyde van die moord in ‘n verhouding met Simone Papapavlou, Raymond se vrou. 

Dít het Ocker Botha, Smith se prokureur,  aan Rapport bevestig. Botha vertel verder aan Rapport dat as iemand in ‘n lesbiese verhouding is beteken dit nie hy of sy is ‘n moordenaar nie. 

Smith het die afgelope week op aanklag van moord en sameswering om ‘n moord te pleeg in die hof verskyn. Volgens die klagstaat het Smith glo onwettig en doelbewus ingestem om Simone óf hulp te verleen óf hulp te bekom, om Raymond te vermoor. Simone is nog nie in hegtenis geneem of aangekla nie.

Raymond is op 4 Oktober in die slaapkamer op ‘n plaas geskiet. Sy vrou was na bewering in die woonkamer waar sy aan die slaap geraak het. Sy het wakker geskrik van die geskietery en het haar vuurwapen gevat en skote teen die slaapkamer se muur afgevuur.