KWAZULU-NATAL. – Mitchell Strength-gimnasium se eienaar van hier, wat bekend was vir sy aanlyn oefenklasse, is in ‘n fratsongeluk dood toe sy vuurwapen geval het en ‘n skoot hom in die bors getref het.
Die nuus is ‘n dag na die voorval op Terence Mitchell se Instagram-blad gedeel.
‘n Facebook-blad genaamd Terence Mitchell Memorial is geskep waar Mitchell se gedenkdiens regsgtreeks uitgesaai sal word.
In kommentaar wat op dié blad gelewer word, is almal geskok oor die nuus.
“Ons was geskok en hartseer toe ons hoor van Terence se tragiese dood, ons dink aan almal wat hom geken het.”
“Vandat ek by begin oefen het, het jy my lewe verander. Jy het my fisies en psigies verbeter.”
FiND iT het navraag by Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, gedoen en wag op terugvoer.
Hou hierdie skakel dop om Mitchell se gedenkdiens regstreeks om 10:00 te kyk.



