KWAZULU-NATAL. – ’n Sakeman is in sy huis noord van Durban met ‘n skerp voorwerp doodgesteek.
Ashver Sukwa (35) se pa het ook ernstige beserings tydens die voorval opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem. Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê ’n groep mans het Sukwa en sy pa in die vroeë oggendure in hulle huis oorval. Mbele sê kluise is leeggemaak en items is uit die huis gesteel.
Volgens Reaction Unit South Africa-nooddienste is Sukwa 30 keer met ‘n skerp voorwerp gesteek waarna hy in ‘n laken toegedraai is.
’n Saak van moord, poging tot moord en huisroof word ondersoek.



