Daar is 19 mense dood na ‘n aardbewing Vrydagmiddag in die Egeïese see naby Turkye en Noord van ‘n Griekse eiland voorgekom het.
Onder andere het een persoon verdrink en twee tieners is dood nadat daar vermoedelik ‘n muur op hulle geval het. Die Turkse staatsnoodagentskap sê 709 mense is tydens die aardbewing beseer. Tente is opgeslaan vir mense in gebiede wat die ergste deur die aardbewing geraak is.
Die aardbewing het ook tot groot golwe wat oorstromings veroorsaak het, gelei. Die Amerikaanse Geologiese Opname het die aardbewing op 7,0 geregistreer.



