Daar word voorspel dat die eerste reën wat die week in droë areas begin val het, nie vinnig gaan opklaar nie.
’n Waarskuwing is uitgereik weens die groot hoeveelhede reën wat in die Vrystaat, oostelike dele van die Noord-Kaap en die suidelike deel van Noord-Wes gaan val. Die reën kan gelokaliseerde oorstromings veroorsaak.
Vir boere wat skade gely het as gevolg van veldbrande en droogte is hierdie baie goeie nuus. Motoriste wat die langpad aandurf, moet immer versigtig wees.



