In Oktober het die orkaan Delta Mexiko getref en Ricardo Pimentel het 300 honde na sy huis vir beskerming geneem.
Pimentel besit al vir nege jaar ‘n diereskuiling wat oor die 500 diere huisves. Hy het hoenders, donkies, perde en self varke in sy skuiling. Hy het geweet sy skuiling sal nie die orkaan kan weerstaan nie en het gedoen wat enige diereliefhebber sou doen. Hy het al die honde na sy huis geneem.
Pimentel se huis bestaan net uit twee slaapkamers, ‘n badkamer en ‘n kombuis. Aanvanklik het hy gedink sy plan sou in chaos ontaard, maar hy sê hulle het nie té veel goed gebreek nie. Pimentel werk nou daaraan om ‘n skuiling te bou wat sterk genoeg sal wees vir ‘n orkaan.



