SPRINGS. – ’n Man (40) van hier is na die verkragting van sy 6-jarige dogter lewenslange tronkstraf opgelê.
Die kind is emosioneel en ongemaklik
Die man het sy dogter in 2018 verkrag toe die ma nie by die huis was nie. Daarna het hy haar geld gegee en haar gevra om vir niemand daarvan te vertel nie. Drie dae na die voorval, terwyl die kind by haar ouma gekuier het, het sy opgemerk die kind is emosioneel en ongemaklik. Die ouma het haar uitgevra en sy het van die verkragting vertel.
Die ouma het haar na die hospitaal geneem en die hospitaal het bevestig dat sy verkrag was. Die saak is by die polisie aangemeld en die man is dieselfde dag in hegtenis geneem.



