Man tot lewenslank vir verkragting van minderjarige gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

RICHMOND. – Beyandre van Rooy is tot lewenslank vir die verkragting van ’n 11-jarige meisie gevonnis.

Die meisie was op 28 Desember 2018 besig om alleen in haar ouma se informele huis aan te trek toe Van Rooy die huis binnegekom het. Hy het ’n kombers oor haar gegooi en haar verkrag.

Die meisie se oom het die huis binnegekom en Van Rooy het gevlug. Die meisie het haar oom ingelig dat Van Rooy haar verkrag het.

Van Rooy is in die vroeë oggendure van 29 Desember 2018 in hegtenis geneem en is op 29 Oktober 2020 in die Richmond-streekhof skuldig bevind en dieselfde dag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.