Phokwane-ambulanskrisis het tragiese gevolge

Deel hierdie storie / Share this story

Die DA is baie hartseer oor die dood van party-aktivis, Margrette Phillips, wat gisteroggend vroeg in haar huis in Jan Kempdorp oorlede is terwyl sy op ‘n ambulans gewag het. 

Dis is volgens Grantham Steenkamp, MPL, DA Kiesafdelingshoof van Diamond North. 

Steenkamp sê hulle gedagtes en bede is by haar familie. 

“Phillips se ontydige dood het weer die soeklig op die swak ambulansdienste wat in die Phokwane-munisipaliteit aangebied word, geplaas. Ons sal die saak aan die LUR vir gesondheid, Maruping Lekwene, rapporteer. Ons hoop dat hy baie meer sal doen om die aantal operasionele ambulanse op ons paaie te verhoog”