Vier kinders in die hospitaal na see-uitstappie

Deel hierdie storie / Share this story

GEORGE. – Vier kinders is in die George- provinsiale hospitaal opgeneem nadat hulle amper op die strand by Heroldsbaai verdrink.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24,het aan die SABC gesê paramedici het op die toneel opgedaag en die kinders op die strand gevind, met hul onderwysers wat noodhulp verleen. Paramedici het die twee meisies en twee seuns, tussen 10 en 14 jaar oud, ondersoek. Die een kind het matige beserings opgedoen en die ander drie is lig beseer. Inligting oor die voorval is nog nie bekend nie.

Volg Find-it hier.