Man ernstig beseer toe hy teen koedoe bots

Deel hierdie storie / Share this story

MASELSPOORT – ’n Man (52) het Woensdagaand ernstige beserings opgedoen toe hy teen ’n koedoe op die Mazelspoortpad, ongeveer 23 km noord-oos van Bloemfontein, gebots het.

Ross Campbell, woordvoerder vir ER24, sê die paramedici het om 18:50 op die toneel aangekom. “Die man het naby sy bakkie rondgeloop,” sê hy. “Die koedoe is deur die voorruit en is ongelukkig in die ongeluk dood.”

Die beseerde man is op die toneel behandel waarna hy na MediClinic in Bloemfontein geneem is vir verdere behandeling.