Plaasmoord – vriendin vandag in hof

Deel hierdie storie / Share this story

GROBLERSDAL. – ’n Vrou wat saam met die vermoorde plaasvoorman Raymond Gregory Papapavlou (28) gewerk het, verskyn vandag in die landdroshof.

Die verdagte is ook ’n vriendin van die boer se vrou, Simone Papapavlou. Die vrou (23) is by haar werksplek in hegtenis geneem en word aangekla van die moord op Papapavlou. Sy lyk is met verskeie skietwonde op 5 Oktober op die plaas gevind.

Beloning van R15 000

Oud-kol. Gawie Louwrens van Bosveld-misdaadondersoeke (BMO) het ’n beloning van R15 000 belowe aan enigiemand wat inligting het wat tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) kan lei.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê Papapavlou is teen ongeveer middernag verskeie kere in sy slaapkamer geskiet. Sy vrou het na bewering op die bank in die woonkamer aan die slaap geraak en wakker geskrik toe sy die skote hoor.

Volg Find-it hier.