August 5, 2021

Jakaranda FM-luisteraars samel R3,6m in vir boere

Foto: Maroela Media

Jakaranda FM-luisteraars het in die afgelope rukkie ’n allemintige R3,6 miljoen vir boere in die brandgeteisterde Vrystaat ingesamel.

Ten minste 100 000 hektaar se veld is in die brande verwoes en vee, voer, diere en selfs van die boere se huise, motors en pakhuise het afgebrand.

Bakkies Botha, voormalige Springbok-rugbyspeler, het Vrydag die luisteraars aangemoedig om die boere op ’n manier te ondersteun. Volgens Jakaranda FM het die Good Morning Angels die bal aan die rol gesit en R50 000 geskenk.

“Nege vragmotors sou aanvanklik Sondag 25 Oktober na die Vrystaat reis om die broodnodige voer na die boere te neem, maar te danke aan die luisteraars kon 50 vragmotors volgelaai word.”

As jy graag ook ’n bydrae wil maak, klik hier en volg die instruksies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *