LIMPOPO. – Mense het ’n man aan die brand gesteek nadat hulle vermoed het hy is vir sy vrou se dood verantwoordelik.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die gemeenskap het amok gemaak nadat die lyk van Phosa Egnes Maswanganyi (60), wat op Dinsdag 27 Oktober vermis geraak het, aan ‘n boom gevind is. Ngoepe sê die gemeenskap het die man en sy vriend daarvan beskuldig dat hulle iets met haar verdwyning en moord te doen het.
Die man is ernstig beseer en in ’n hospitaal opgeneem. Sake van brandstigting en poging tot moord is geopen.



