Hoe baie weet motoriste oor ander lande se padreëls? Jy sou beboet word vir baie oortredings wat jy nie eers geweet het verkeerd is nie.
- Om in ’n swart motor op ’n Sondag te ry –
In die Amerikaanse staat Colorado is dit onwettig om op ‘n Sondag met ‘n swart motor te ry. - Dra van ’n asemhalingsapparaat –
As jy in Frankryk ry, is dit verpligtend om ‘n asemhalingsapparaat wat jou alkoholvlakke meet in jou motor te hê. - ’n Sagte dobbelsteen wat aan jou motorspieël hang –
Motoriste in Amerika word beboet indien daar enigiets aan hulle motorspieel hang. Dit sluit in lugverfrissers asook ’n GPS wat moontlik jou sig kan belemmer. - Voetgangers wat natgespat word –
Wanneer jy deur ’n plas water ry en ’n voetganger in Japan natspat, kan jy daarvoor beboet word. - Motor wat met onderklere gewas word –
In San Francisco is dit onwettig om jou motor met ou onderklere af te droog of te was. - Om met ’n vuil motor rond te ry –
Polisie in Moskow mag bepaal of jou motor te vuil is of nie. As hulle dink jou motor is vuil, kan jy beboet word.



