Verwaarloosde perd gered

KIMBERLEY. – Die DBV in Kimberley (Dierebeskermingsvereniging) het ’n erg verwaarloosde perd gered nadat hulle Saterdag 24 Oktober 2020 ’n oproep oor die perd ontvang.

Die DBV-inspekteur het die perd in ’n baie slegte toestand gevind – hoewe is gekraak en toegegroei, die perd het verskeie sere gehad en was uitgeteer. Toe die inspekteur die perd probeer laai, het ’n jongman op die perd gespring en weggalop. Die inspekteur het hom agterna probeer jaag, maar hy en die perd het in die veld verdwyn. Na ure se soek het niks opgelewer nie en die gemeenskap het almal kennis ontken van waar die perd of die eienaar hulle bevind.

Die perd is uiteindelik Maandag 26 Oktober 2020 deur die DBV opgespoor en is na hul fasiliteit vir behandeling geneem. Alhoewel die eienaar van die perd beweer dat daar niks met die perd verkeerd is nie, toon die onderstaande foto’s duidelik die omvang van die beserings en die toestand van die perd.

Indien jy verdere inligting oor die perd wil hê, skakel die Kimberley DBV by 053 831 7625.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *