Onbekende lyk in rivier gevind

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Die liggaam van ‘n onbekende man tussen die ouderdom van 30 en 35 is vandag in die Oranjerivier gesien dryf.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het ‘n lid van die gemeenskap op die lyk afgekom en het hy dit dadelik aan die polisie rapporteer.

“Die oorledene het ‘n swart denim, ‘n swart T-hemp en blou tekkies aangehad. In hierdie stadium is dit nog onbekend waar hy moontlik kon verdrink,” sê Ramatseba.

Die polisie doen nou ‘n beroep oo die gemeenskap om die polisie te help om die man te identifiseer. Enigiemand met inligting, kontak asseblief vir konst. Tsaone Motshwane by 082 495 4615.