Man pak die nommer 6667 met klippe in buurte

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – ’n Man stap in Bloemfontein rond en pak oral klippe in die vorm van 6667 voor besighede en huise.

Inwoners sê hulle tref die klippe in die nommers gepak voor hulle eiendom aan. Al word die klippe verwyder, word dit net weer later daar aangetref. Baie inwoners van hier het al die man gesien, maar niemand het hom al ooit konfronteer nie.

Besigheidseienaars het al op veiligheidskameras gekyk en gesien hoe die man vining die klippe voor hulle eiedom uitpak. Niemand weet wat die rede hiervoor is nie.