KIMBERLEY – Kay Mohamed (42), ’n werknemer by die Sandwich Shop in Longstraat in Kimberley, is sedert gisteraand vermis.
“Sy is gisteraand om 10:00 laas by ’n taverne gesien,” sê Jasmien Hendricks, haar sussie. “Dis nie normaal dat sy nie vir werk opdaag nie. Sy werk al omtrent ses jaar daar en sy het nog nooit nie opgedaag nie. Ons is bekommerd oor haar.”
Volgens Hendricks is sy as vermis by die polisie aangemeld.
As jy miskien weet waar Kay is of enige inligting het oor haar verdwyning, kontak asseblief vir Hendricks by 073 885 4501.



