GAUTENG. – Twee studente van die Vaal-universiteit van tegnologie is dood nadat hulle hoesstroop en alkohol gemeng het om te drink. Die een student is na bewering in ‘n vriend se kamer oorlede, kort nadat sy gesê het sy voel nie goed nie. Die tweede student is glo in haar studentekoshuis oorlede.
‘n Nuwe neiging
Volgens OFM het Busisiwe Sango, polisiewoordvoerder, die voorval bevestig en bygevoeg die twee meisies is die eerste keer opgemerk waar hulle hierdie mengsel by ‘n vriend in Vanderbijlpark gedrink het.
Sango sê daar is ‘n nuwe neiging in die Vaaldriehoek waar jongmense hoesstroop met koeldrank meng om alkohol te produseer, met die doel om dronk te word.



