Meisie wat Floyd se dood afneem, word vereer

Deel hierdie storie / Share this story

Die tienermeisie (17) wat George Floyd se dood in Mei vanjaar op haar selfoon opgeneem het, word in Desember deur PEN America, ‘n literatuur- en skrywersorganisasie, vereer.

Darnella Frazer sal die PEN/Benenson Courage-toekenning ontvang.

“Met niks meer as ‘n selfoon en waagmoed nie, het sy die geskiedenis van hierdie land verander,” het Suzanne Nossel, die hoof uitvoerende beampte van dié organisasie, gesê.