Twee doodgeskiet in kuierplek

Deel hierdie storie / Share this story

PORT-ELIZABETH. – Twee mense is in ’n kuierplek doodgeskiet nadat ’n bakleiery glo oor ’n tafel uitgebreek het.

Verskeie kere geskiet

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ‘n verdagte het na ’n tafel geloop waar twee mans en twee vrouens gesit het. Volgens Naidu het daar ‘n woordverwisseling tussen die mans ontstaan waarna die verdagte die twee mans verskeie kere geskiet het.

Die stryery het glo ontsTaan omdat die verdagte nie wou hê dat hulle by die tafel moes sit nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.