VRYSTAAT. – Kapt. Dave Eric Wessels (66),’n voormalige soldaat van Viljoenskroon in die Vrystaat, wat Sondag op sy kleinhoewe vermoor is, se voertuig is verlate gevind.
Brig. Motsantsi Makhele, polisiewoordvoerder vir die Vrystaat, sê die buurman het bloed aan ’n kamermuur gesien deur ’n ruit waarvan die diefwering geknip is. Die polisie is ontbied en hulle het Wessels se liggaam in die spaarkamer aangetref. Daar was glo ’n plastieksak oor sy kop getrek.
“Die slagoffer was vasgebind en het menige steekwonde aan sy kop gehad.”
Niemand is nog in verband met die voorval nie in hegtenis geneem nie.



