Verkeersbeamptes en bestuurskooleienaars in hegtenis vir korrupsie

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP.-Vyf verkeersbeamptes en vier bestuurskooleienaars is deur die Valke in verband met korrupsie in hegtenis geneem.

Die lasbrief vir hulle inhegtenisname is gisteraand in die vroeë oggendure uitgevoer. Die inhegtenisnemings volg op bewerings van korrupsie in die uitreiking van leerlinglisensies sowel as bestuurslisensies.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê na wat verneem word, het die verkeersbeamptes en bestuurskooleienaars saamgespan in die uitreik van leerlinglisensies en rybewyse in ruil vir geld wat deur die voornemende kliënte betaal moes word. Die nege verdagtes tussen 28 en 45 jaar oud sal na verwagting môre in die streekhof op Mount Frere verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.