KAAPSTAD. – ’n Vrou wat toesig oor haar kinders met haar gewese man deel, kon nie keer toe haar kinders Thailand toe gestuur word nie.
Na Thailand te laat terugkeer
Die man en vrou is in 2007 getroud. Hulle het later na Thailand getrek waar die man vir ’n privaat maatskappy gewerk het. Daarna het hulle geskei en die vrou het na Kaapstad teruggekeer.
Die pa het deur middel van verskillende plaaslike staatsinstansies ’n aansoek aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gebring om die drie minderjariges na Thailand te laat terugkeer.
Beweer sy is geestelik geteister
Die ma beweer sy is geestelik geteister deur haar eks-man en dat hy hul dogter, toe agt jaar oud, seksueel mishandel het. Volgens TimesLive het die hof glo nie iets oor die bewerings gesê nie en gesê die kinders se tuiste is in Thailand.



