Kanye dink God wil hê hy moet president wees

Deel hierdie storie / Share this story

Kanye West glo God wil hê hy moet as president van die Verenigde State verkies word. Volgens West is dit sy ‘roeping’ om die ‘leier van die vrye wêreld’ te wees.

Kanye het verduidelik waarom hy laat as presidentskandidaat geregistreer het. Hy beweer sy stryd met die koronavirus vroeër vanjaar is die rede dat hy nie sy politieke veldtog kon loods soos hy wou nie.

Vroeër die maand het hy sy amptelike veldtogadvertensie bekend gestel waarin hy beloof het om ‘n sterker land te bou deur ‘sterker gesinne te bou’.