Haweloses hak die knoop deur

Deel hierdie storie / Share this story

Die twee haweloses, Amber September (32) en Daniel Kepkey (28), het uiteindelik hulle droomtroudag gehad.

In ’n viersterhotel geslaap

Die paartjie het by Belville se binnelandse Sake getrou.  Met behulp van Dawn Roode, bestuurder van ’n sopkombuis wat die paartjie gereeld besoek, het hulle ook ’n onthaal na die troue gehad. Vir hulle wittebrood het hulle in ’n viersterhotel geslaap. Die onthaal en wittebrood is deur Roode geskenk.

Amber se ma en Dnaiel se pa, saam met 300 ander haweloses van die sopkombuis het die troue bygewoon.

Twee trourokke en baie klere ontvang

Amber het Daniel in Maart verlede jaar ontmoet. Daniel het toe waentjies by ‘n inkopiesentrum  gestoot en Amber het inkopies namens oumense gedoen. Roode het hulle aangemoedig om te trou, maar toe sy hoor hulle het ‘n datum by binnelandse Sake moes sy inspring en help.

Volgens Roode het die gemeenskap ook baie gehelp deur skenkings te gee. Amber het twee troukoeke, twee trourokke en baie klere ontvang.