Vrou (80) dood op kleinhoewe gekry

Deel hierdie storie / Share this story

VAALDRIEHOEK. – ‘n Vrou is die naweek dood in haar huis op ‘n kleinhoewe in die Meyerton-omgewing gekry.

Konst. Tlaleng Moloi, polisiewoordvoerder, sê die vrou is op die vloer aangetref en ‘n saak van moord word deur die polisie ondersoek.

Die polisie kon nie sê of enigiets uit die huis vermis is nie.