Onluste op die N1 by De Doorns

Deel hierdie storie / Share this story

Protesaksie het op De Doorns uitgebreek. Die N1 is in die omgewing van Sandhills, nader aan die Worcester-kant, gesluit.

Jandré Bakker, hoof van die kommunikasieafdeling by die departement van verkeer, sê daar is ’n vragmotor wat uitgebrand is, betrokke. “Daar is geen beserings van die passasiers of bestuurder aangemeld nie. Die polisie en provinsiale verkeer is op die toneel en is besig om dinge te beveilig,” sê hy.

Die verkeer word met ‘n ompad weer terug na die N1 herlei.