Die polisie het ses verdagtes in hegtenis geneem ná ‘n skoolhoof (46) Vrydag voor onderwysers en leerlinge doodgeskiet is.
Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes sal op aanklag van moord, die besit van onwettige vuurwapens en ander misdade in die Greytown-landdroshof verskyn.
Die skoolhoof was die hoof van Hoërskool Somashi in Mshinga.
Volgens Naicker het die verdagtes in ‘n motor, wat later ‘n paar kilometer van die toneel af gevind is, gevlug. “Hulle het vermoedelik ‘n onderwyser wat op pad huis toe was, se motor gesteel en daarnee weggery,” sê hy.
Muzi Mahlambi, woordvoerder vir die onderwysdepartement in KwaZulu-Natal, sê hulle is geskok en hartseer oor die moord op die skoolhoof. “Die verdagtes is nou in hegtenis en hulle sal binnekort in die hof verskyn,” sê hy.



