Die Covid-19-infeksiesyfer in Suid-Afrika het sedert gister met 1 834 meer geword. Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 18 944.
Daar is in totaal 714 246 positiewe gevalle van die virus aangemeld, waarvan 644 641 persone van die virus genees is, sê dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 4 677 942 toetse vir die virus doen.



