Die 23-jarige Shudufhadzo Musida is gisteraand as die nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon.
Musida, of meer bekend as Shudu, het ‘n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie aan die Universiteit van Pretoria verwerf.
Sy het in Limpopo grootgeword.

Thato Mosehle is die naaswenner en Natasha Joubert die tweede naaswenner.



