NOORD-KAAP. – Die polisie op Barkly-Wes het ‘n deurbraak gemaak deur ‘n 23-jarige man, wat verbind word met die moord op ‘n 15-jarige seun, in hegtenis te geneem.
So sê kapt. Olebogeng Tawana. Die verdagte sal later vandag in die landdroshof op Barkly-Wes op aanklag van moord verskyn.
Die seun se lyk is op 17 Oktober met kopbeserings in ‘n begraafplaas op Mataleng gevind.
Die seun se naam is nog nie bekend gemaak nie.
Lees die vorige berig hier.



