KWAZULU-NATAL – Dertien mense is dood nadat ‘n vragmotor en ‘n minibustaxi gebots het.
Met die aankoms van die nooddienste is gevind die botsing het daartoe gelei dat die vragmotor die pad verlaat het en by ‘n wal afry het. Die minibustaxi het ook aan die brand geraak.
Nog vier mense is met ernstige beserings na die naaste hospitaal geneem.





