Die foto van ‘n boer wat ‘n hasie voer, is gister en vandag wyd op sosiale media versprei.
“Dis hoe ‘n boer se hart werk. ‘n Babahasie is tydens die veldbrande gered en het ure tydens die brand in die boertjie se hemp saam die brand bestry. Nou word hy met liefde versorg,” lui die boodskap onderaan die foto.
Dit volg na plase in die Boshof- en Hertzogville-omgewing onlangs afgebrand het.
Die boere, wat almal weens die brande skade gelei het, ontvang nou hulp vanaf gemeenskapslede wat besluit het om saam te staan.



