BARKLEY-WES. – Die polisie op Barkley-Wes het ‘n soektog begin nadat ‘n lyk van ‘n seun (15) in die begrafplaas in Mataleng gevind is.
Die lyk is Saterdag 17 Oktober 2020 om 23:30 met ernstige kopbeserings gevind.
“Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat die seun met ‘n klip of ‘n baksteen teen sy kop gegooi is en aan hoofbeserings beswyk het,” sê kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder.
Die paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Die motief vir die moord is onbekend. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.
Ons doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om die Barkly-Wes-polisie by 053 5316 200 of lt.kol. Roman 082 4955 018 te skakel.



