‘Plaasaanval’ toe eintlik gesinsgeweld

Deel hierdie storie / Share this story

BRITSTOWN. – Die Britstown-polisie het ’n klag van gesinsgeweld ongeveer 15 km buite Britstown opgevolg. Dit volg nadat mense op sosialemedia-groepe vermoed het dit is ’n plaasaanval.

“In hierdie stadium kan ons bevestig dat die voorval nie met ‘n plaasaanval verband hou nie,” sê brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder.